Award!



Ek het die zelflingeriemaakaward ontvang! Ek is deur Jos genomineer met die volgende woorde: "Tina is een mooi voorbeeld van hoe weblogs en websites mensen met dezelfde hobby & passie bij elkaar brengt. Bovendien promoot zij met haar weblog het zelf lingerie maken tot ver over de landsgrenzen. Daarnaast is ze creatief en inventief met patronen en probeert van alles uit en ze houdt ons op de hoogte met duidelijke foto's." Dankie Jos! 


Hierdie berig is 'n bietjie laat omdat ek met vakansie was en nie geweet het ek het die award ontvang tot ek terug was nie!


As deel van die award moet ek die volgende vrae beantwoord:

Waarom maak jij lingerie?  
Ek het 'n moeilike maat - groot borsmaat met 'n klein onderborsmaat - en dit was onmoontlik om goed passende BHs te kry teen 'n redelike prys. Ek moes voorheen altyd ingevoerde BHs ten duurste koop. Nou doen ek dit natuurlik ook vir die lekkerte daarvan! Ek maak nou ook vir my man, dogter en ma ondergoed omdat ek dit so geniet.

Hoelang maak jij lingerie?
 
Ek het begin in 2002, maar het eers lekker op dreef gekom begin 2009, vandat ek 'n patroon in die korrekte mates gekoop het deur elingeria.

Waar/hoe heb je het geleerd?
Ek het 'n advertensie gesien in die venster van 'n klein materiaalwinkel in Pretoria, Suid-Afrika: "Kom maak jou eie bra". Ek kon nouliks glo dat 'n mens regtig BHs self kan maak! Ek het altyd gedink dit is die één kledingstuk wat 'n mens MOET koop. Ek het dadelik ingeskryf vir die oggendkursus. Daar het ek die basiese beginsels geleer en 'n patroon gekry (nie op maat geteken nie!). Ek het verder self geleer deur te kyk na gekoopte BHs. In 2006 het ek op Sigrid se tutorials afgekom en dit het my ook baie geleer. Dankie Sigrid! In 2009 het ek 'n Sewy Rebecca patroon gekoop en daarna die zelflingeriemaak-forum ontdek deur Jos se blog. Deur die forum en ander se blogs het ek nie alleen baie geleer nie, maar ook vriendinne gemaak oor die wêreld.

Waar haal jij je inspiratie vandaan?  
Ek word geinspireer deur my mede-bloggers, ander forumlede, en lingeriemaaksters op die Lingerie Sewalong. Ek ontvang ook die Bravissimo-katalogus en versamel foto's van mooi ondergoed op die Internet. Ek kyk nie eintlik na lingerie in winkels nie, maar miskien moet ek 'n oggendtjie of wat 'n bietjie gaan rondkyk...

Waar koop jij het liefst je materialen?  
Ek het nie 'n vreeslike groot keuse aan winkels hier nie - ek koop meestal by my naaste winkel, Ragland, en koop underwire casing (beugelband) by Marinique per pos. Ek het al een keer 'n hele spul lappe gaan koop in Durban, 'n groter stad in my provinsie. Ek hou baie van die pragtige pakette te koop by Kantjeboord, maar die pryse en posgeld is baie hoog as dit omgeskakel word na Suid-Afrikaanse Rand, so ek het nog nie daar bestel nie.


Sigrid is die volgende wat die award ontvang! Lees hier verder.





I am the lucky recipient of the Zelflingeriemaak Award from the Dutch lingerie sewing forum! I was nominated by fellow-sewist Jos, who said "Tina is a good example of how blogs and websites can bring people who share the same hobby together. With her blog she promotes lingerie sewing across country borders. She is creative and inventive with patterns and tries out everything, and keeps us informed with her clear photographs." Thanks Jos!

As part of the award, I have to answer the following questions:

Why do you sew lingerie?
I started because I have non-standard measurements (80H EU, 36F US, 14F Austr) and it has been impossible to find well-fitting bras that are not also extremely expensive. This size is not manufactured in South Africa and I have to buy imported bras.

How long have you been sewing lingerie? I Have been sewing bras since 2002, but I started getting really interested in early 2009 when I ordered a pattern in the correct size from elingeria. Up to that point I had been using a pattern I bought in South Africa, which was too small in the cup (I didn't know it at the time!).

Where/how did you learn it?
I attended a half-day course at my local fabric shop in Pretoria, where I learnt the basics. I taught myself a bit more by looking at RTW bras. In 2006 I discovered Sigrid's bra-making tutorial and some articles on the Threads magazine website. I learned so much from Sigrid! Later I found the Pattern Review website and read a review of the Sewy Rebecca bra pattern (also by Sigrid!), which I subsequently bought through elingeria. Then I met Jos at a Yahoo group, and through her blog and website I discovered the whole Dutch-language world of lingerie-making, where I have learned an incredible amount, and have received excellent advice and encouragement. Later in 2009 I joined the Lingerie Sewalong organised by Sigrid(!) and that has also been a wonderful learning and teaching experience for me. Thanks Sigrid!
Where do you get your inspiration from?
I am continually inspired and challenged by the beautiful things I see on other sewing blogs, the Forum and the Sewalong. I also receive the Bravissimo catalogue. When I find interesting photos on the Web I save them in a folder on my computer for future reference. 
Where do you buy your fabric and notions?
I don't have many shops to select from where I live, so mostly buy at my local fabric shop, Ragland. Some things like underwires and underwire casing I buy mail order from Marinique. I love the beautiful kits on sites like Kantjeboord, but due to the exchange rate and the cost of shipping, I haven't bought any of these yet.

Not surprisingly, the next recipient of the award is... Sigrid! Read more about her award here.

4 comments:

  1. K.Line said

    So fun to learn about what motivates you to sew. You are a wonderful lingerie sewist and very deserving of this award.


    Jos van KloskaCreAtief! said

    You deserve this award big time Tina!


    Sigrid said

    Thank you very much for the compliments and passing this along. It's always nice to hear that my efforts in sharing what I know helped someone.

    You certainly deserve the award too. congratulations.


    Heather said

    Congratulations! You do deserve this award!


Post a Comment

Note: Only a member of this blog may post a comment.